NewsNews

Merafong munisipaliteit sukkel al 19 dae om waterprobleem in Welverdiend op te los

Merafong munisipaliteit sukkel al 19 dae om waterprobleem in Welverdiend op te los

Volgens Ben van den Berg het die VF Plus het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, genader om in te gryp nadat inwoners van Welverdiend, buite Carletonville, reeds 19 dae waterprobleme ondervind. Kontrakteurs van die Merafong City plaaslike munisipaliteit Carletonville, Fochville, Wedela het op 13 Augustus die hooftoevoer-waterpyp na Welverdiend beskadig. Die pyp is herstel, maar het weer gebars weens waterdruk. Na ʼn derde poging is die waterpyp herstel, maar weens ander tegniese probleme kan die water nie die hoogliggende gedeeltes van Welverdiend bereik nie. Die VF Plus word oorval met klagtes van mense wat hierdeur geraak word. Na verskeie amptelike navrae deur die party aan die waarnemende burgemeester, Mokgomotsi Sello, het hy slegs die versekering gegee dat aandag aan die probleem geskenk sal word. Dit is onregverdig teenoor die inwoners van Welverdiend om so lank sonder water te wees en die munisipaliteit sleep voete met die herstelproses. Die VF Plus het die LUR versoek om in te gryp en die munisipaliteit onder druk te plaas om die probleem spoedig op te los.  

Related Articles

Back to top button