NewsNews

Munisipaliteit nooi beskuldigde vir werkonderhoud

Cyril Henry wat tans teregstaan op aanklagte van diefstal en bedrog vir R5 miljoen het onlangs ‘n uitnodiging van die ANC beheerde J.B Marks munispaliteit ontvang om weer vir sy vorige pos as direkteur van munisipale dienste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling aansoek te doen.

Cyril Henry wat tans teregstaan op aanklagte van diefstal en bedrog vir R5 miljoen het onlangs ‘n uitnodiging van die  J.B Marks munispaliteit ontvang om weer vir sy vorige pos as direkteur van munisipale dienste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling aansoek te doen.

Die Herald se susterkoerant, Potchefstroom Herald, het ‘n skermgreep van die e-pos bekom wat die hoof werkwings- en keuringsbeampte, Segakolodi Madilola, aan Henry gestuur het. Die e-pos lui “Vind asselbief die uitnodiging na die onderhoude vir die posisie as die direkteur: munisipale dienste en PEO (plaaslike ekonomiese ontwikkeling) soos u met my kollega me. Selloane Mutsi verlede week bespreek het. Vir enige navrae, kontak me. Siphokazi Ntukantu by ….”

Die e-pos wat aan Cyril Henry gestuur is.

Hans-Jurie Moolman, ‘n regsgeleerde en DA raadslid van die J.B Marks munisipaliteit, sê dat die DA nie van Henry se uitnodiging vir ‘n onderhoud bewus was nie. “Dit is absoluut skokkend. Henry was al krimineel aangekla terwyl hy in diens was. Hy was nooit dissiplinêr verhoor nie. Dit waarvoor hy aangekla is, is ernstige klagtes. Hierdie is maar net ‘n absolute bewys van die totale minagting van ons publiek en die totale minagting van verantwoordbaarheid. Die groot kanker in ons munisipaliteit is verantwoordbaarheid. Hierdie is ‘n simbool vir J.B Marks munisipaliteit se groot gebrek aan verantwoordbaarheid”, sê Moolman.

Hy het verder verduidelik dat senior bestuur gewoonlik deur die stadsraad, in konsultasie met die munisipale bestuurder, aangestel word. Met die munisipaliteit onder administrasie het die raad egter nie meer beheer nie. “Die administrateur het hierdie funksie oorgeneem en die raad heeltemal uitgesluit”, sê Moolman.

Die Herald het die munisipaliteit op 26 Augustus vir kommentaar genader en wou weet waarom Henry, in ag genome vir sy aandeel in die diefstal- en bedrogsaak, genooi word vir ‘n aanstelling. Die Herald wou ook weet waarom Henry sedert sy inhegtenisname verlede jaar in Oktober tot met sy uittrede in Desember, as gevolg van sy werkkontrak wat verval het, nooit dissiplinêr verhoor is nie.

Die woordvoerder van die munisipaliteit, William Maphosa, het gisteroggend gesê dat hy nog aan die navrae werk en dat hy later hierop kommentaar sal lewer. Die hofsaak waarin Cyril Henry, Kgotso Khumalo (uitvoerende burgemeester van die JB Marks munisipaliteit) en Mohau Shuping (opsigter van rekreasie en sportfasiliteite) tereg staan, hou verband met ‘n trustrekening van die JB Marks munisipaliteit waarin R5 miljoen gedeponeer is. Dié trustfonds was deur ‘n plaaslike prokureur bestuur. Die bestaan van hierdie trustfonds was in konflik met tesourieregulasies, teenstrydig met die munisipale finansiële bestuurswet en is nie aan die ouditeur-generaal verklaar nie.

Die verhoor sal op 11 Oktober in die Ventersdorpse streekshof begin. Die drie aangeklaagdes het verlede week in die plaaslike landdroshof verskyn en op al die klagtes onskuldig gepleit  Die fondse is na bewering onder meer vir begrafniskostes, studiekostes en ‘n luukse uitstappie na Durban betaal. Geld is na bewering ook verder verduister deur fakture wat vervals is en fondse wat aan ‘n nie-winsgewende organisasie, wat nie bestaan nie, betaal is. Adv. Geo Nel is die staatsaanklaer in die saak en het 20 staatsgetuies identifiseer wat  sal getuig.  Adv. Thapelo Khalo verdedig Cyril Hendry en Mohau Shuping en Andrew Morathi Acci is Kgotso Khumalo se prokureur.

Munisipaliteit nooi beskuldigde vir werkonderhoud | Potchefstroom Herald

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button