NewsNewsSportSport

Twyfel bestaan steeds of jeugweke voortgaan

Daar is groeiende kommer in skolerugbykringe dat die nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dié weke is geskeduleer om gedurende die Oktober-skoolvakansie plaas te vind. Die Cravenweek is veronderstel om by die Hoërskool Monument plaas te vind, terwyl die Grant Khomoweek in ‘n kustelike en binnelandse toernooi opgedeel word. Die Valke Hoërskole-rugbyvereniging …

Daar is groeiende kommer in skolerugbykringe dat die nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dié weke is geskeduleer om gedurende die Oktober-skoolvakansie plaas te vind. Die Cravenweek is veronderstel om by die Hoërskool Monument plaas te vind, terwyl die Grant Khomoweek in ‘n kustelike en binnelandse toernooi opgedeel word.

Die Valke Hoërskole-rugbyvereniging is die gasheer van die binnelandse toernooi wat by die Volkskool Heidelberg aangebied word. Die Doom Gouws-week word ook by Volkies aangebied. Na wat verneem word is die Boland en Sharks se proewe glo vroeër vandag gekanselleer. Dit versterk die vermoede dat die departement van onderwys gaan voortgaan om die Oktober-skoolvakansie te kanselleer. Verskeie ander toernooie sal dan ook in die slag bly.

Twyfel bestaan steeds of jeugweke voortgaan | Vaalweekblad
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button