Die NG Kerk Oberholzer hou Saterdag, 4 September ‘n pretdraf om die lente te vier.
Dit begin by die kerk in Vleistraat 25.
Deelnemers sal hul bene oor 10 km, 5 km en 2.5 km afstande kan oefen. Atlete wat aan die 10 km deelneem, spring om 07:30 weg terwyl die 5 km en 2.5 km wedlope om 08:00 sal begin.
Die tema vir die dag is Lentedag en blomme en daar is prettige pryse op die spel. Deelnemers sal ook eet- en drinkgoed kan koop.
Diegene wat belangstel om deel te neem, moet die organiseerders teen 28 Augustus by 060 816 6975 van hul deelname in kennis stel.