NewsNews

Veediewe rig groot skade aan

Veediewe het die afgelope week groot skade op ‘n plaas in die omgewing aangerig.

Volgens die kommunikasiebeampte van die polisie in Carletonville, ao. Peter Masooa, was alles nog in plek toe die boer, mnr. WP Lubbe van die plaas Wildfontein, op 9 Augustus omstreeks 06:30 deur sy plaas gery het.
Sy beeswagter het egter die volgende oggend dadelik onraad vermoed toe hy om 05:15 by die diere se kamp aankom en sien dat iemand die hek oopforseer het. Dié werknemer het verder ondersoek gaan instel en op ‘n silwer GWM bakkie met registrasienommer ZRF221GP afgekom.
Vier van die boer se Simbra koeie se karkasse was agter op die bakkie nadat veediewe die diere gevang en wreed doodgemaak het. Drie van die koeie was dragtig.
Die waarde van die beeste is R200 000.

Related Articles

Back to top button