NewsNews

Man in hospitaal na kaping

'n Man is hospitaal toe geneem nadat hy gistermiddag (4 Augustus) na bewering op die N12 aangerand en gekaap is.

‘n Man is hospitaal toe geneem nadat hy gistermiddag (4 Augustus) na bewering op die N12 aangerand en gekaap is. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was die man oppad Potchefstroom toe. “Hy het naby die Fochville kruising gestop waar hy glo deur twee mans oorval is,” het Haefele gesê. Volgens Haefele is die man glo oor die kop geslaan waarna die aanvallers hom vas gemaak en in die veld gelos het. “Hy kon daarin slaag om homself los te kry en het terug Potch toe geryloop. Daarna is ons geskakel waarna ons ER24 ontbied het,” verduidelik Haefele. Die man is na Mediclinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling. Man in hospitaal na kaping | Potchefstroom Herald Die polisie het egter later een van die vermeende kapers gearresteer en die man se kar teruggevind: Police find hijacked cars near Wedela | Carletonville Herald

Related Articles

Back to top button