NewsNews

Man stuur foto van geslagsdeel aan WhatsApp groep

'n Man is Donderdagaand (29 Julie 2021) van 'n WhatsApp groep in Drie Riviere in Vereeniging verwyder nadat hy glo per abuis 'n foto van sy geslagsdeel aan die groep gestuur het.

Almal het al gehoor van Margaret van Schweizer-Reneke , ‘n hokkie-ma wat in 2016 lanwyd opslae gemaak het toe sy per ongeluk ‘n kaalfoto van haarself op na die plaaslike WhatsApp hokkiegroep gestuur het, nou blyk dit of dieselfde lot ‘n man van Vereeniging oorgekom het.

Die foto het skokgolwe deur die buurt gestuur. Foto: Verskaf

Die man se identiteit word weerhou om hom verdere vernedering te spaar.

Die “Daleen Venter Ward 1 D” WhatsApp-groep, wat na die plaaslike raadslid vernoem is, het 254 lede en is tot stand gebring sodat inwoners van Drie Rivere probleme in die wyk onder die Venter se aandag kan bring.

Mense was erg geskok. Foto: Verskaf

Die man het om 19:07 die foto van sy geslagsdeel geplaas en daarna glo paniekbevange die foto vinnig probeer verwyder.

Hy het egter die verkeerde opsie gekies en net die foto vir homself verwyder, wat beteken dat die geslagsdeel steeds vir die res van die groep sigbaar was.

Die man is gevra om die foto te verwyder. Foto: Verskaf

Nadat mense hom oor die kru foto aangespreek het, het hy gesê: “Ok, stenig my. Ek’t moerse fout gemaak. Verkeerde kontak. Ek gaan vir altyd skaam voel. Jammer oor dit,!”

Die foto was teen Vrydagoggend steeds op die groep. Foto: Verskaf

Die man is kort voor 21:00 van die groep verwyder.

Die foto met die geslagsdeel was teen Vrydagoggend steeds op.

Vereeniging-man stuur foto van geslagsdeel aan WhatsApp groep | Vaalweekblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button