Inwoners moet solank voorbereidings tref om hul plante en diere teen die koue te beskerm, want môre-aand sal die kwik onder vriespunt daal.
Vandag is die laaste dag wat die minimum temperatuur bo 3° sal draai. Volgens die weer-webwerf Accuweather sal die temperatuur in Carletonville en Fochville Dinsdagoggend (13 Julie) daal na 4° terwyl Woensdag se minimum temperatuur ‘n ysige -5° sal wees.
Volgens Accuweather word die volgende minimum en maksimum temperature vir die res van die week in Carletonville en Fochville só voorspel:
- Dinsdag (13 Julie) – minimum -5° en maksimum 11°
- Woensdag (14 Julie) – minimum 1° en maksimum 15°
- Donderdag (15 Julie) – minimum 1° en maksimum 16°
- Vrydag (16 Julie) – minimum 1° en maksimum 16°
- Saterdag (17 Julie) – minimum 2° en maksimum 16°
- Sondag (18 Julie) – minimum 1° en maksimum 19°