NewsNews

Opdatering: Vaalrivier gaan dalk drooggelê word om “fontein” te herstel

Lekkende gaspyplyn glo oorsaak van borrelende water

Daar is gister berig oor ‘n Whats-App-video van ‘n ongewone “fontein” in die Vaalrivier. Die oorsprong van die video was onbekend en daar was ook nie sekerheid oor waar presies dit geneem is nie.

Die Herald se susterskoerant, Vaalweekblad, het intussen vasgestel dat die “fontein” nie in die rivier tussen Vanderbijlpark en Vereeniging is soos wat aanvanklik gehoor is nie, maar wel in die Vaalrivier sowat 16 kilometer vanaf die Vaaldamwal. Dit is gisteroggend (2 Julie 2021) omstreeks 08:00 vir die eerste keer waargeneem.

Vaalweekblad het nie-amptelik verneem dat die fontein, wat steeds borrel, veroorsaak word deur ‘n lek in ‘n groot nywerheid se gaspyplyn, wat onderdeur die rivier loop. Kundiges monitor die situasie vanaf gisteroggend. Daar word glo beplan om binnekort kleppe by die damwal toe te maak sodat ‘n gedeelte van die rivier drooggelê en die fout  herstel kan word.

Vaalweekblad het ‘n versoek vir kommentaar aan die betrokke nywerheid gerig en sal so gou as moontlik terugvoer en volledige feite gee.

Opdatering: Vaalrivier gaan dalk drooggelê word om “fontein” te herstel

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button