CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Veiligheid eerste: Kyk voor jy ‘n OTM gebruik

Enige een kan 'n teiken wees by 'n kitsbank. Hou asseblief die wenke in gedagte wanneer jy weer een besoek. Wees eerder oorversigtig as later spyt.

Baie mense verkies om deesdae kontantlose transaksies te doen. Ten spyte van elektroniese oorbetalings, debietkaarte en bank Toeps op slimfone, is daar baie mense wat steeds van tyd tot tyd geld by ‘n outomatiese tellermasjien (OTM) moet trek.

 

Ongelukkig kan mens ook ‘n maklike teiken wees vir misdadigers wanneer ‘n OTM gebruik word. Arrie Coetzee, van Public Eye Vaal in Vaalpark sê mense moet ten alle tye waaksaam wees en bewus wees van wat om hul aangaan.

 
 

Probeer om nie alleen ‘n OTM te besoek nie. Moenie hulp aanvaar of hulp vra van iemand wat jy nie ten volle kan vertrou nie. Maak seker niemand is in ‘n 1.5m radius om jou wanneer jy met die transaksie begin nie. Wees gereed om ter enige tyd die “cancel” knoppie te druk en onthou om jou kaart te verwyder. Moenie ‘n OTM gebruik waar dit lyk asof daar baie mense net doelloos rondstaan nie. Wees bewus van mense wat in motors sit naby die OTM. Vermy ‘n OTM waar die gebied verlate is wanneer die winkels in die omgewing gesluit is. Voordat jy  jou kaart invoer, maak seker alles lyk in plek en dat daar nie met die masjien gepeuter is nie. Kyk veral na die gleuf waar die kaart in moet gaan. As jou kaart nie met die eerste poging wil ingaan nie, los liewer en gaan na ‘n ander masjien. Maak seker jou geld is veilig gebêre voordat jy omdraai om te loop. Wees oplettend en versigtig vir enige persoon wat in jou vasloop. Grypdiewe kan jou in ‘n oomblik beroof.

Veiligheid eerste: Kyk voor jy ‘n OTM gebruik

Related Articles

Back to top button