NewsNews

Ses eersdaags weer in hof oor kragkoepon bedrog

Ses mans wat van bedrog en diefstal aangekla word sal weer Vrydag (25 Junie) in die landroshof in Fochville verskyn om vir borgtog aansoek te doen. 

Ses mans wat van bedrog en diefstal aangekla word sal weer Vrydag (25 Junie) in die landroshof in Fochville verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Die Valke het die mans in hegtenis geneem nadat ‘n ondersoek gewys het, dat hulle moontlik  by die onwettige verkoop van kragkoepons aan inwoners betrokke is.

Netwerk24 berig dat Sibusiso Alfred Migal (33), Sipho Joseph Mdlalose (38), Phindile Florence Mdlalose (28), Donal Vusimuzi Rammusi (32), Magala Petros Mohapi (42) en Victor Mdlalose (67) Vrydag (11 Junie) vir die eerste keer in die hof verskyn het, die saak is uitgestel na 25 Junie vir borgaansoek.

Die voorlopige ondersoek wat in die Vrystaat in Mei verlede jaar begin het, wys dat ongeveer R150 000 tot R250 000 se kragkoepons per dag verkoop is.

Related Articles

Back to top button