NewsNews

Waterlekke maak inwoners boos

Verskeie waterlekke in Fochville en Carletonville is besig om inwoners warm om die kraag te maak.

‘n Inwoner van Elmstraat in Fochville, mnr. Francois Kroukamp, het die afgelope week oor ‘n aanhoudende waterlek in die straat voor sy huis gekla. “Daar het al liters en liters drinkwater vermors geraak. Ek en my buurman bel reeds die afgelope twee maande die munisipaliteit om dit te kom regmaak. Hulle kon dit al lankal herstel het,” sê hy. Ten tye van die Herald se besoek aan die straat het water reeds onder die teeroppervlak uitgestroom. Dit lyk of ‘n waterpyp wat gebars het, moontlik tot die lekkasie kon lei. Intussen het water ook Maandag vanuit ‘n pyp op die sypaadjie voor Kernitestraat 87 gestroom. Hoewel die Herald die munisipaliteit Dinsdag oor die probleme uitgevra het, is geen antwoorde ontvang nie. Dit is egter wel bekend dat die munisipale amptenaar wat die water- en riool-afdelings bestuur het, mnr. Gerhard Dirker, Maandagnag skielik aan vermoedelik ‘n hartaanval oorlede is.

Related Articles

Back to top button