Local newsNewsNews

Trae reaksie van Merafong-munisipaliteit laat ‘n deel van Carletonville byna ‘n week lank kragloos

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se trae reaksie om die Kernite-substasie in Carletonville, wat verlede Woensdag in 'n brand beskadig is, te herstel, is onaanvaarbaar.

Selfs die snerpende koue wat tans in Gauteng ondervind word, kon nie die munisipaliteit aanspoor om die vervanging van die transformator te bespoedig nie. Die Kernite-substasie wat verlede Woensdag aan die brand geslaan het, het uitbreiding 1 in Carletonville sonder elektrisiteit gelaat. Strate wat geraak word, is Kernite, ‘n gedeelte van Agnew, Flint, Hornstone, Jade en ‘n gedeelte van Koalin. Volgens mnr. Ben van den Berg van die VF Plus is daar na verskeie navrae aan die munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling, deur die munisipaliteit se kommunikasie-afdeling bevestig dat die aankoop van ‘n 500 KVA-transformator vandag afgehandel is en dat met herstelwerk begin sal word. Dit is egter onbekend hoe lank die gedeelte nog sonder elektrisiteit sal wees. Die VF Plus is van mening dat die Kernite-substasie prioriteit moet geniet in die lig van skerp dalende temperature. Talle mense kan nie ‘n  kragopwekker bekostig nie. Die Merafong-munisipaliteit is weens wanbestuur onder finansiële druk en kan nie sy diensverskaffers betyds betaal nie. Diensverskaffers wag tot 108 dae voor betaling plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button