NewsNews

R400 000 se dwelms van die straat af

R400 000 se dwelms van die straat af.

Die polisie het Maandag in Potchefstroom se sentrale besigheidskern op sowat R400 000 se vermoedelik onwettige dwelms beslag gelê.
Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, was lede van misdaadsvoorkoming met roetine patrollies op die N12 besig.
“Die beamptes is oor ‘n verdagte voertuig ingelig. Dit het glo geblyk of die insittende nie verby die polisievoertuie wou ry nie,” het Myburgh gesê.
Die polisie het die betrokke voertuig opgespoor en afgetrek. Met verdere ondersoek is die dwelms in die voertuig se kattebak gevind.
“Die dwelms is vermoedelik ‘Crystal Meth’ met ‘n straatwaarde van sowat R400 000. Die 29-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Cornelius Nkululeko Xenxe (29) het Dinsdag op ‘n klag van die besit van vermoedelik onwettige middele in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

 

Related Articles

Back to top button