NewsNews

Tekens gaan voete kry

Inwoners van Fochville is bekommerd dat ‘n verkeersteken en straatnaambord wat deur ‘n kontrakteur verwyder is, binnekort voete gaan kry.

‘n Bekommerde inwoner het onlangs gekla dat iemand dié tekens op die hoek van Steyn- en Horvitchstraat uitgehaal het. Die tekens lê nou nog op die sypaadjie.

“Die staal het goeie potensiaal om as skrootmetaal gesteel te word soos dit nou daar lê,” het ‘n inwoner gekla.

Die tekens is vermoedelik uitgehaal deur die kontrakteur wat tans besig is om slote vir optiese vessel-kabels in die dorp te grawe omdat hul werkers Maandagmiddag in dieselfde omgewing aan die werk was.

Die Herald het die munisipaliteit Dinsdag gevra wat hulle aan die probleem kan doen.

“Die kontrakteur is steeds besig en sodra hy klaar is, sal die publieke veiligheidsafdeling hom kontrak om al die verkeerstekens en straatnaamborde wat hy uitgehaal het, terug te sit,” is al antwoord wat die munisipale woordvoerder gehad het.

Related Articles

Back to top button