Babies & ToddlersKidsNewsNews

Premature babas

‘n Premature baba kan beskou word as ‘n baba wat op 36 weke en jonger gebore is. Die meeste van hierdie babas ontwikkel in gesonde en normaal ontwikkelende kinders, maar hoe vroeër ‘n baba gebore word, hoe groter is die risiko dat die baba later ontwikkelingsagterstande mag ervaar. Babas wat op 28 weke gebore …

‘n Premature baba kan beskou word as ‘n baba wat op 36 weke en jonger gebore is. Die meeste van hierdie babas ontwikkel in gesonde en normaal ontwikkelende kinders, maar hoe vroeër ‘n baba gebore word, hoe groter is die risiko dat die baba later ontwikkelingsagterstande mag ervaar. Babas wat op 28 weke gebore word en 1kg weeg, het die hoogste risiko om ontwikkelingsprobleme te ervaar of later as kleuter te ontwikkel. Hierdie risiko mag ook verhoog soos wat hulle langer in die intensiewe sorgeenheid by die hospitaal bly.

Dit is baie belangrik vir ‘n ouer en versorger van ‘n baba of kleuter wat prematuur gebore is, om die ontwikkelingsmylpale te monitor. As daar enige agterstand in die ontwikkeling van mylpale is, is dit van groot belang om ‘n terapeut vir ‘n evaluasiesessie te kontak. Hier is ‘n paar moontlike areas van ontwikkeling waar uitvalle opgemerk kan word: • Taalontwikkeling Die onvermoë om verstaanbare spraak te gebruik teen die ouderdom van 3 jaar. Die kind mag ook sukkel om eenvoudige instruksies te volg en hom/haar aandag by ‘n spesifieke taak te behou.

• Motoriese probleme

Babas wat uiters vroeg gebore word (28 weke) is meer geneig om motoriese probleme te ervaar as kleuter. Dit sluit in: fynmotoriese vaardighede (byvoorbeeld potloodgreep), motoriese-beplanning (bv. beplanning van bewegings deur hindernisbaan), visio-motoriese koördinasie (byvoorbeeld om vorms op die regte manier te teken) en sensories-motoriese vaardighede (byvoorbeeld om vanaf die vloer na die bank te kan spring).

• Gehoor en sig

Daar mag ook ‘n graad van gehoorverlies en sigprobleme teenwoordig wees, veral by die babas wat uiters vroeg gebore is. Indien moontlik moet ‘n gehoorsifting in die hospitaal aangevra word om enige gehoorverlies uit te skakel. As die ouer of versorger van ‘n premature baba bekommerd is oor moontlike sigprobleme, moet hulle hul naaste optomotris raadpleeg. Hoe vroeër enige probleem opgemerk word, hoe beter is die kans vir verbetering of herstel.

Enige terapeutiese intervensies insluitend private- en staatsinstansies word aanbeveel vir toepaslike stimulasie om die baba/kind se optimale ontwikkeling te bevorder.

Related Articles

Back to top button