NewsNews

Wateronderbreking môre in Fochville

Wateronderbreking môre in Fochville.

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit sê ‘n deel van Fochville sal more, 29 April, vir ‘n tyd lank nie water hê nie.

Die watertoevoer na die gebied wat die aftree-oord, Fochville Uitbreiding 1 en die gebied tussen Protea- en Kiepersolstraat insluit, sal tussen 08:00 en 14:00 onderbreek word.

Die rede vir die onderbreking is nood-herstelwerk wat aan die stelsel gedoen moet word. Inwoners van die area wt deur die onderbreking geraak sal word, word aangeraai om voor die tyd ekstra water op te gaar.

Die munisipaliteit vra verskoning vir die ongerief.

Related Articles

Back to top button