NewsNews

Wateronderbreking môre in Fochville

Wateronderbreking môre in Fochville.

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit sê ‘n deel van Fochville sal more, 29 April, vir ‘n tyd lank nie water hê nie.

Die watertoevoer na die gebied wat die aftree-oord, Fochville Uitbreiding 1 en die gebied tussen Protea- en Kiepersolstraat insluit, sal tussen 08:00 en 14:00 onderbreek word.

Die rede vir die onderbreking is nood-herstelwerk wat aan die stelsel gedoen moet word. Inwoners van die area wt deur die onderbreking geraak sal word, word aangeraai om voor die tyd ekstra water op te gaar.

Die munisipaliteit vra verskoning vir die ongerief.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button