NewsNews

Vragmotor bots met motorvoertuig, beland in erf, slaan aan die brand

'n Vragmotor van die konstruksiemaatskappy KwaMhlanga het Saterdagmiddag deur 'n erf se muur gebars en aan die brand geslaan ná 'n trompop botsing met 'n ligter voertuig.

Sharon Dunn, ‘n inwoner van die dienslaan langs Blackwoodstraat in Vereeniging, was laatmiddag in haar tuin, op pad om haar tuinhekkie vir die aand toe te maak.

Die vragmotor het teen ‘n boom in die erf tot stilstand gekom. Foto: Christiaan Cloete

Haar man, Geoffrey, was binne die huis op pad om na ‘n lang dag ‘n blikkie bier oop te maak toe hy meteens ‘n harde geluid van binne die huis hoor.

‘n Boom het in die slag gebly. Foto: Verskaf

Sharon is glo gering beseer toe ‘n tak geval het. Die vragmotor, wat op sy sy te land gekom het, het glo teen ‘n boom in Dunn en sy vrou se erf tot stilstand gekom en toe aan die brand geslaan.

Die vragmotor het glo in die erf beland na die botsing. Foto: Verskaf

Daar word beweer dat die vragmotor en ‘n ligte voertuig oomblikke vantevore in ‘n botsing reg van voor in Blackwoodstraat betrokke was.

Blykbaar het die swaargelaaide vragmotor vir die ligte voertuig uitgeswaai en daarna in die erf beland.

Nooddienswerkers moes die motoris uit die ligte voertuig bevry. Foto: Verskaf

KwaMhlanga is die maatskappy wat tans herstelwerk aan Blackwoodstraat doen.

Die pad is tans onder konstruksie een van die bane is toegemaak.

 

Dit verklaar moontlik hoe die voertuie van voor af met mekaar kon gebots het. Sharon het slegs geringe beserings opgedoen.

Sy is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

 

 

Die vragmotorbestuurder is ook beseer maar blykbaar gering.

Die bestuurder van die ligter voertuig het glo ernstiger beserings opgedoen en is na die Sedibeng-hospitaal geneem vir behandeling.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Vragmotor bots met motorvoertuig, beland in erf, slaan aan die brand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button