Die polisie waarsku motoriste om liewer om te draai in Generaal Hertzogweg, Vereeniging. Foto: Christiaan Cloete
Inwoners se frustrasie oor die kragsituasie in Peacehaven het in verkeersvloeiprobleme omgesit toe inwoners besluit het om Golfweg en Generaal Hertzogweg gelyktydig tydens spitsverkeer te versper met brandende bande, takke en gebreekte bottels.
Padversperrings in Golfweg naby die NG Gemeente Peacehaven. Foto: Christiaan Cloete
Dit is blykbaar die 11de dag sonder krag in die buurt.
Die polisie staan by die ingang van die Barnyard-teater in Vereeniging en waarsku motoriste om liefs ‘n ander roete te gebruik. Foto: Christiaan Cloete
Dit volg nadat ‘n transformator ontplof en ‘n substasie afgebrand het.
Frustrasie borrel in Peacehaven oor oor swak dienslewering. Foto: Christiaan Cloete
Terwyl die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nog nie antwoorde kon gee van hoe lank dit gaan vat om die kragtoevoer te herstel nie, blyk dit of meer protesoptrede en verkeersprobleme Vereeniging se voorland is vir die volgende paar dae.
KYK: Motoriste moet omdraai weens padversperrings.
KYK: Protesoptrede in Peacehaven veroorsaak verkeersvloeiprobleme in Vereeniging:
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.