Trok se gebarste band slaan ryer van sy motorfiets af
‘n Motorfietsryer is in ‘n kritieke toestand nadat ‘n vragmotorband blykbaar Saterdagmiddag (3 April 2021) gebars en hom getref het terwyl hy op die R59-snelweg gery het. Die fratsongeluk het naby die Ascot On Vaal-afrit in Vanderbijlpark gebeur.
ER24 berig dat paramedici om 16:40 op die toneel opgedaag het en die 38-jarige motorfietsryer langs die pad aangetref het. Hy was in ‘n kritieke toestand en gevorderde lewensondersteunende ingryping was nodig om hom te stabiliseer voordat hy na Mediclinic Vereeniging oorgeplaas is vir verdere behandeling.
* Ons wens die beseerde en sy familie baie sterkte toe in hierdie moeilike tyd. Ons hou julle in ons gebede.