‘n Motorfietsryer van die Silent Soldiers-motorfietsklub is dood en sy verloofde in die hospitaal opgeneem nadat hulle Woensdagmiddag in ‘n hoëspoedongeluk in Generaal Hertzogweg in Peacehaven in Vereeniging betrokke was.
Henning se verloofde, Aluska Brits (30), het agterop gesit ten tye van die ongeluk.
Die motorfiets het die bakkie se agterkant gestamp en die motorfiets het ongeveer ‘n 100 meter van die toneel tot stilstand gekom.
Hennie het glo sy bewussyn verloor.
Hy is na die Sebokeng-hospitaal geneem.
Die ER24 ambulansdiens het intussen bevestig dat Hennie oorlede is.
“Nadat hulle behandel is is die vrou per helikopter na ‘n hospitaal geneem, terwyl die man per ambulans na Sebokeng-hospitaal vervoer is.
“Ongelukkig het die man met sy aankoms in die hospitaal aan sy beserings beswyk,” lui die verklaring.
Aluska kon glo nog met omstanders op die toneel praat.
Johsn Fuhri, ‘n familielid van een van die beseerdes, op die ongelukstoneel. Foto: Christiaan Cloete
Die pad is tans gesluit. Polisie is op die toneel.
Die ongelukstoneel is naby die ou Maximes Hotel, by dieselfde plek waar inwoners gisteraand oor die kragsituasie in Peacehaven betoog en die pad met brandende bande versper het.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: