NewsNews

Selfs troeteldiere word nou ‘ontvoer’

'n Troeteldier is nie vir almal sommer net ‘n hond of kat nie. Vir sommige mense is daardie wollerige viervoet meer werd as goud, bring hy meer vreugde as ‘n yskoue bier in ‘n hittige woestyn - in kort - hulle is net so lief vir daai viervoet as jy vir jou kind.

Help nou nie jy wil dit nie aanvaar omdat jy dit nie verstaan nie – dit is hoe dit is! As jy nie ‘n troeteldier kan liefhê as deel van die gesin nie, behoort jy dan dalk liewer nie ‘n troeteldier te hê nie.

Moet dus nie vir iemand wie se hond pas dood is sê om ‘n ander hond te kry nie. Die persoon gaan eers rou! En as hul hondekind om een of ander rede wegraak, hou tog op om lelike aanmerkings te maak en help eerder soek.

Honde-eienaars moet op hul beurt ook begin om meer moeite te doen om hul hondekinders te beskerm.
Tye het verander en selfs honde word nou “ontvoer” met die doel om geld van die eienaars te kry voordat die viervoet veilig terugbesorg word.

Vra maar vir plaaslike inwoner Amanda Griesel wat die naweek so ‘n nagmerrie moes deurmaak. Nie net was sy en haar man byna siek van bekommernis toe hul eenjarige viervoet uit hul perseel gesteel is nie, dit het hulle ook heelwat geld uit die sak gejaag om hom terug te kry.

Die egpaar is afgepers met die dreigboodskap dat hul geliefde hondjie beseer sal word as hulle nie nog R800 opdok nie.
Amanda het toe reeds geld oorbetaal, maar aangedring op ‘n bewys dat die persoon wel haar hondekind het.

Met die boodskap: “Jy sal dit berou,” het die persoon die foon neergesit. Later die middag is hul hondjie in ‘n veld gevind – vasgebind met doringdraad, baie dors en getraumatiseer.

Behalwe vir die hel wat die egpaar moes deurmaak, het dié storie darem ‘n gelukkige einde gehad, maar dit kon baie anders uitgedraai het. Skerp jou veiligheid op – sommer vir die hele gesin, viervoet inkluis, die lewe is wreed.

Amanda Griesel van Vanderbijlpark het hel deur gemaak om Tequila weer terug te kry.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Selfs troeteldiere word nou ‘ontvoer’

Related Articles

Back to top button