NewsNews

Groot boom val by die NWU se Fakulteit Regte

Prof Stephen de la Harpe (63), uitvoerende dekaan Noordwes-Universiteit se regsfakulteit, is vanoggend oorlede na hy die afgelope ses weke in die intensiewe sorgeenheid was.

Prof. Stephen de la Harpe (63), uitvoerende dekaan Noordwes-Universiteit se Fakulteit Regte, is vanoggend oorlede na hy die afgelope ses weke in die intensiewe sorgeenheid was.

Die NWU se waarnemende visie-kanselier, Prof. Linda du Plessis, het vandag die nuus in ‘n verklaring vir personeel aangekondig.

“Dit is met groot hartseer dat ek vanoggend (18 Februarie 2021) die dood van prof. De la Harpe, moet aankondig nadat hy vroeg in Januarie in die hospitaal opgeneem is. Hy is oorlede as gevolg van komplikasies wat verband hou met Covid-19.”

“Prof Stephen was ‘n vriendelike, warm en vriendelike individu met diepe integriteit. ‘n Man wat met ‘n sagte benadering ‘n groot impak op die mense rondom hom gemaak het, en wat die NWU, en spesifiek die Fakulteit Regte, gedurende dikwels moeilike tye vorentoe geneem het,” noem Prof. Du Plessis.

Hy dien 21 jaar lank by die Noordwes-Universiteit en word vanaf 1 April 2018 as uitvoerende dekaan van die regsfakulteit aangestel. Hy was voorheen ook direkteur: nagraadse studies in die Fakulteit Regte en het ‘n groot rol gespeel om die regsfakulteit te bemark.

Prof. De la Harpe was bekend as ‘n akademikus en het verskeie artikels gepubliseer. Hy was een van die top kenners in sy veld wat altyd gestreef het om ‘n verskil te maak en die regte te bevorder. “Ons innige meegevoel met die familie, vriende en kollegas van hierdie geweldige leier in die universiteitsgemeenskap. Ons hou almal na aan hom in ons gedagtes,” het Prof. Du Plessis bygevoeg.

Prof. De la Harpe laat sy vrou Hanri, en hul dogters, Kara, Shani, Lana en Janke agter.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/83794/groot-boom-val-by-die-nwu-se-fakulteit-regte/

Related Articles

Back to top button