NewsNews

KYK: Bikers val motoriste op snelweg aan

’n Video van ‘n groep motorfietsryers wat skynbaar motoriste langs die N4 naby Machadodorp aanval is besig om ‘n opskudding op sosiale media te veroorsaak. Middelburg Observer berig dat die voorval vermoedelik op Saterdag 23 Januarie op die N4 naby Machadodorp gebeur het. Daar word beweer dat die bestuurder van ‘n voertuig glo ’n vragmotor …

MACHADODORP. – ’n Video van ‘n groep motorfietsryers wat skynbaar motoriste langs die N4 aanval is besig om ‘n opskudding op sosiale media te veroorsaak.
Middelburg Observer berig dat die voorval vermoedelik op Saterdag 23 Januarie op die N4 naby Machadodorp gebeur het.
Daar word beweer dat die bestuurder van ‘n voertuig glo ’n vragmotor probeer verbysteek het toe dit onveilig was en toe met ‘n motorfiets gebots het, waarna die motorfietsryers glo die man toegetakel het.
Die Machadodorp SAPS ondersoek nou glo sake van aanranding en opsetlike saakbeskadiging. Daar is ook ‘n saak van poging tot moord by die Belfast-polisie aanhangig gemaak.

Een van die bikers na wie die polisie soek.

Lees berig hier:

 

WATCH: Bikers assault motorist on N4

Sien video hier:
https://www.youtube.com//watch?v=p2fL3NzrwW0

Related Articles

Back to top button