NewsNews

Bejaarde man sterf na aanval

Bejaarde man sterf na aanval

Die polisie soek steeds na die aanvallers van ‘n bejaarde egpaar van Oranjeville. Drie gewapende mans het vanoggend, 22 Januarie, in die vroeë oggendure, in die egpaar se slaapkamer in gegaan terwyl hulle nog geslaap het. Een van die verdagte het volgens die polisie naby die slaapkamerdeur gewag, terwyl die ander twee aan weerskante van die egpaar se bed gestaan het. Die 68-jarige man is 4 maal gesteek terwyl hy met een van die verdagtes in ‘n worsteling betrokke was. Sy hande en en voete is vasgebind en is hy op  die vloer gelaat. Die verdagtes het toe die 67-jarige vrou gedreig en wou geld by haar hê. Sy het hulle na die motorhuis geneem waar die kluis was.

Die verdagtes was egter nie tevrede met die bedrag geld in die kluis nie, en het toe die man se vuurwapen uit die kluis geneem. Toe hulle nie nog geld  kon kry nie, het hulle ook ‘n tweede vuurwapen uit ‘n ander kluis elders in die huis geneem. Die vrou is ook vasgebind. Sy kon haarself egter later loswoel en hulp ontbied. Haar man is egter dood op die toneel verklaar. Die verdagtes is weg met ‘n onbekende bedrag geld, twee pistole en die egpaar se Volkswagen Polo met registrasienommer HGX 515 FS.

Enigeen met inligting word gevra om die stasiebevelvoerder, kapt. Patience Mahlatsi te skakel by 082 465 3012 of speur-konstable Motloung by 073 982 8902 / 016 974 6841. Mense kan ook die stop misdaadnommer skakel by 08600 10111 of inligting stuur via die MySAPS toepassing.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/47638/bejaarde-man-sterf-na-aanval/?fbclid=IwAR1oeX0j39otpJBeuRPKGCVpiA3rbM8-VYqppvWqy5RgI-evGybaKUjwyn8

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button