Ten spyte van goeie reën in die Vaaldam se opvangsgebied is die dam maar 74.9% vol.
Dit is volgens die nuutste amptelike syfers wat op Rand Water se amptelike webwerf uitgereik is.
Die nuutste lesing is vandag (20 Januarie 2021) deurgegee.
Daar word verwag dat die vlak in die komende dae nog verder kan styg.