NewsNews

Weermag-helikopter bring gesin na veiligheid

Rietspruit oorstroom sy walle, geen bevestiging oor damwal.

 
‘n Gesin en hul honde in die LochVaal/Barrage-area wat in hul huis vasgekeer was, moes Saterdagoggend (16 Januarie) met die hulp van ‘n Oryx-weermaghelikopter na veiligheid gebring word nadat die Rietspruit sy walle oorstroom het weens hewige reënstorms in die Vaaldriehoek wat spruite in riviere laat verander het.
 
Hierdie spruite loop direk bokant Barrage damwal in die Vaalrivier in en stroom in die LochVaal-area in.
 
Mense na aan die Rietspruit is reeds vroeër gewaarsku om te ontruim met die stygende watervlak.

Volgens Cecil Parsons van Community Care Emergency Medical Services Parys/Vaal, het vrywilligers van dié nooddiens omstreeks 09:30 vanoggend ‘n oproep ontvang om hulp te verleen by die waterredding in die LochVaal-area. Beide Parys en die Vaal reaksievoertuie het gereageer op die noodroep tesame met die weermag en lug- en watervleuels van die polisie in Sedibeng en Ekhuhuleni.  Van die ses mense in die huis kon vier veilig uitbeweeg, sê Parsons, terwyl twee bejaardes met die Oryx na veiligheid gebring is nadat  ‘n boot waterredingspoging nie kon slaag nie.

 

 

 

 

 

Foto’s: Community Care

Die Barrage het vanoggend 7 sluise oopgehad en sou daar van 14:00 vanmiddag (Saterdag 16 Januarie) al om die uur/uur-en-‘n-half 45 kumeks  vrygelaat word by die Barrage om uiteindelik tot 500 kumeks  vry te laat.
 
 
 
Foto’s Verskaf
 
 
 
 
Parysenaars sal dus ‘n merkbare verskil in die vlak van die Vaalrivier sien, maar is daar nog nie rede tot kommer nie tensy daar nog heelwat reën sou val. DIe situasie word voortdurend gemonitor en is boere langs die rivieroewer reeds in kennis gestel om pompe te skuif en die nodige voorsorg te tref.
 
Mense is wel gewaarsku om met die stygende vlak van die Vaalrivier uit die water te bly.  Gister nog is kinders in die rivier op die rotse sien visvang. Wees asseblief versigtig en bly liewer nou uit die water. Sorg dat jou kinders ook bewus is van die gevaar.
  •  
  • Gerugte van ‘n gebreekte damwal kon nie bevestig word nie.

https://parysgazette.co.za/47392/weermag-helikopter-ingespan-om-gesin-na-veiligheid-te-bring/?fbclid=IwAR0cmzo7yCjdVOBbOVM6fckq0XAVMxmEYTHy1pNxJpfams7na61ZjmwpsLg

Related Articles

Back to top button