NewsNews

Nóg ‘n Covid-19 sterfte, 33 nuwe gevalle in Merafong

Die oujaar nader vinnig sy einde maar daar is geen stop aan die styging van nuwe coronavirus-gevalle in die Merafong City munisipale gebied nie.

Volgens die Gauteng department van gesondheid is 33 nuwe gevalle van die nuwe coronavirus sedert gister in Merafong aangemeld. Dit bring die total van mense wat positief vir die virus getoets het op 3 396 te staan. Een inwoner van ons omgewing is ook die afgelope dag aan Covid-19 oorlede.

Intussen groei die getal positiewe gevalle elders in die Wesrand al skerper. ‘n Skrikwekkende 146 nuwe gevalle is die afgelope dag in Mogale City (die Krugersdorp-gebied) aangemeld terwyl 61 nuwe gevalle in Rand West City (die Randfontein en Westonaria gebied) aangemeld is.

Die provinsiale gesondheidsdepartement waarsky dat mense toe ruimtes, plekke met baie mense en plekke waar mense in nabye kontak met mekaar is, moet vermy.

Dra altyd ‘n masker, hou ‘n afstand tussen jou en ander mense, was jou hande gereëld en maak areas waar mense dikwels aan raak gereëld skoon.

Related Articles

Back to top button