NewsNews

Nóg twee pasiënte uit Merafong sterf aan Covid-19

Nóg twee pasiënte uit Merafong sterf aan Covid-19.

Volgens statistieke wat vanmiddag deur die Gauteng departement van gesondheid vrygestel is, het die getal pasiënte uit die Merafong City munisipale gebied wat aan Covid-19 gesterf het, van gister af met twee tot 81 gestyg.

Sewe nuwe gevalle van inwoners van Merafong City wat met die nuwe coronavirus besmet is, is aangemeld, wat ons totale op 3 363 te staan bring.

Elders in die Wesrand is daar sedert gister 102 nuwe gevalle in Mogale City (die Krugersdorp-gebied) en 28 nuwe gevalle in Randwest (die Randfontein en Westonaria gebied) aangemeld. Altesaam 385 pasiënte uit die Wesrand is sover aan Covid-19 oorlede.

Related Articles

Back to top button