Volgens statistieke van die Gauteng departement van gesondheid het die getal gevalle gister die 17 000-merk oorgesteek en staan dit vandag op 17 220.
Van hulle is 3 356 in Merafong, 4 734 in Randwest (die Westonaria en Randfontein gebied) en 9 124 in Mogale City (die Krugersdorp gebied). Altesaam 382 pasiënte in die Wesrand is tot dusver aan Covid-19 oorlede. Van dié oorledenes het 79 uit Merafong gekom.
‘n Week gelede, op Dinsdag 22 Desember, was daar 16 048 gevalle van die siekte in die Wesrand gewees. Tóé was daar 3 216 gevalle in Merafong, 4 305 in Randwest en net 8 521 in Mogale City. Altesaam 36 pasiënte in die Wesrand is die afgelope week aan Covid-19 dood.