NewsNews

Boom val op twee huise in Carletonville

Verlede Saterdag se hewige storm het tot groot skade gelei toe ‘n hoë sederboom wat deur weerlig getref is op twee huise geval het.

Altwee die beskadigde huise, wat in Letabastraat geleë is, behoort aan Sibanye-Stilwater.

Volgens Nico Kotzé, wat die skade opgeruim het, is dit die eerste keer in meer as 20 jaar dat hy sien dat weerlig ‘n boom só tref dat dit middeldeur bars en die stukke op twee huise val.

Die weerlig het ook die betonmuur tussen die huise beskadig na die elektriese stroom deur die metaal in die heining gelei het.

‘n Deel van die boom het op die dak en muur geval van die erf waarin dit staan.
Die weerlig het ook die muur tussen die huise beskadig.

Related Articles

Back to top button