CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Lekker pryse en pret om Yoda te red

Daar word tans hard gespook om geld in te samel vir ‘n inwoner van Vanderbijlpark wie se geliefde Pekingese-hondjie, Yoda, deur ‘n man geskop en ernstige rugbeserings opgedoen het. Na ‘n besoek aan die veearts is daar gevind dat dit nie nodig is om die skattige Yoda te laat uitsit nie, maar ongelukkig is dit ‘n duur operasie wat by Onderstepoort gedoen sal moet word.

Yoda, die 6-jarige hondekind van Amanda Griesel (eienaar van die Phoenix Pub & Grill in Vanderbijlpark) is op 16 November deur ‘n man geskop wat in die asblikke gegrawe het.
“Yoda het dadelik swaar begin loop en is verder beseer toe hy van die bed af gespring het,” vertel Amanda. Sy raai nou ander honde-eienaars aan om liewer trappies langs beddens vir hul hondjies aan te skaf.
Amanda het tot dusver reeds R4 500 aan veearts-onkostes betaal, maar ‘n verdere R34 000 word benodig vir die noodsaaklike operasie by Onderstepoort.

Daar gaan Vrydagaand as deel van die fondsinsameling lekker by Phoenix Pub & Grill gekuier word en gelukkige trekkingpryse gaan op die spel wees. Kaartjies verkoop teen R20 per kaartjie vir die gelukkige trekking op Vrydag, 4 Desember om 22:00. Gewilde plaaslike sangeres, Melissa, sal optree en toegang is gratis. Die pryswenner moet teenwoordig wees om sy/haar prys in ontvangs te neem.

As enigiemand ‘n bydrae wil maak, kan Amanda by 076 982 3946 gekontak word. Amanda en Pieter se harte is seer, maar hulle is hoopvol en bedank elkeen in die gemeenskap wat ‘n bydrae maak of hulle ondersteun. Amanda sê ook sou iets skeefloop voor of tydens die operasie, dat al die fondse wat ingesamel is dan aan ander honderekeninge by die veearts geskenk sal word.

https://vaalweekblad.com/81811/lekker-pryse-en-pret-om-yoda-te-red/
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button