NewsNews

Rowers dra winkel se totale voorraad weg

Battery Centre in Rossini-boulevard in Vanderbijlpark is Saterdagoggend, 14 November, helder oordag deur drie rowers beroof.

Die rowers het Battery Centre se volle voorraad eksklusiewe voertuigbatterye weggedra en net die leë rakke agtergelaat.
Die rowers het daarna die dag se kontant uit die kasregister gesteel, sowel as die volledige voorraad eksklusiewe voetuigbatterye.
Die waarde word op minstens R200 000 geraam. Die personeel kon nie die kleur of fabrikaat van die rowers se voertuig sien nie, maar het gehoor dat ‘n voertuigskuifdeur oop- en toegaan toe hulle die gesteelde artikels daarin gelaai en weggery het.
Dit was vermoedelik ‘n paneelwa of minibus.
Volgens Douwenga is sy personeel getraumatiseer deur die gebeure, maar gelukkig is niemand beseer nie.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/81042/rowers-dra-winkel-se-totale-voorraad-weg/

Related Articles

Back to top button