NewsNews

Barmhartige elektrisiëns red Marlene se huis

Die Herald se susterskoerant, Ster South, het aan die einde van Oktober oor Marlene van Wyk berig wat met slegs ‘n staatspensioen vir haar en haar seun, wat tans werkloos is, probeer sorg.

Op daardie stadium was haar grootste vrees dat haar huis weens foutiewe bedrading by die kragkas (junction box) buite teen die muur, sou afbrand.

Nadat die berig verskyn het, het Isak van der Merwe van Top Electricians 24/7 Ster  geskakel en sy hulp aangebied. Saterdag, 7 November het hy ondersoek ingestel en besef die probleme is heelwat groter as wat aanvanklik vermoed is. Die kragkas teen die muur was in ‘n haglike toestand met van die drade wat al tekens van brand getoon het. By verdere ondersoek het hy besef dat die elektriese verdelingsbord (DB box) in die huis ook ‘n brandgevaar inhou.

“Daar was los drade en ander wat reeds gebrand het. Van die drade het vonke (sparks) gemaak,” het Isak gesê. Dit was slegs genade dat die huis nie afgebrand het nie. Isak en sy kollega, Richard Nymphe, het die kragkaste gediens en die foutiewe bedrading herstel. Die huis is nou veilig. Die munisipale kragkas hoër op in die straat is egter steeds in ‘n haglike toestand, hoewel die munisipaliteit, volgens Marlene, al verskeie kere verklaar het dat daar geen fout is nie.

“Hulle sê ek skuld R16 000 en dat hulle my krag gaan afsit. Ek kry net ‘n staatspensioen (Sassa). Baie aande gaan slaap ek honger, omdat al die geld vir die water en elektrisiteitsrekening gebruik word. Nou het hulle nog die ekstra R250 ook weggevat,” het sy gesê. Marlene is baie dankbaar vir die werk wat Isak-hulle gedoen het.

“Dit is goed om te weet dat daar nog mense is wat bereid is om te help,” het sy glimlaggend gesê. Isak sê huiseienaars moet verkieslik een keer per jaar die elektriese verdelingsborde in hul huise deur ‘n elektrisiën laat nagaan om die risiko van ‘n brand te verminder, veral by die ouer borde. Vir meer inligting, skakel hulle gerus by 081 763 3736.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Barmhartige elektrisiëns red Marlene se huis

Related Articles

Back to top button