NewsNews

Fiks en gesonde Vossie sterf aan hartaanval

‘n Bekende in gesondheidskringe, Michael Vosloo (Vossie) het onlangs onverwags aan ‘n hartaanval gesterf in die ouderdom van 69 jaar. Hy was fiks en gesond en sy dood het onverwags en veels te vroeg sy geliefdes in rou gedompel.

Michael, sy vrou Magda en hul twee seuns het vir jare in Vanderbijlpark gewoon. Hulle het as egpaar naam gemaak in liggaamsboukringe en het in verskeie nasionale kompetisies deelgeneem en spog met ‘n rits titels agter hul name.

Michael was Donderdag, 5 November fluks op sy plaas in die Parys/Vredefort koepel-distrik aan die werk toe hy ’n hartaanval gehad het. Vossie het vroeër jare by die destydse Yskor (ArcelorMittal) gewerk, maar het later diep spore in plaaslike gesonheidskringe getrap as die eienaar van River Side Health Hydro in Vanderbijlpark.

Hy laat sy vrou Magda, sy twee seuns Michael en Henning, twee skoondogters Maria en Elmarie, asook vier kleinseuns, Michael (Vosman), Marco, Zander en Alex agter. Sy roudiens is reeds op 14 November in Vredefort gehou.

 

Wyle Michael Vosloo (Vossie) wat onlangs aan ‘n hartaanval gesterf het. Foto: Verskaf

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Fiks en gesonde Vossie sterf aan hartaanval

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button