NewsNews
Vragmotors met petrolbomme op R59-snelweg bestook
Twee vragmotors is in puin gelê nadat hulle Saterdagaand met petrolbomme op die R59-snelweg bestook is. Die voorval het naby die Kliprivier-afrit (naby die bierfabriek) plaasgevind. ‘n Vragmotorbestuurder is ook tydens die voorval beseer. Die man is in sy femur geskiet. Een vragmotor het glo geblikte kos en die ander een stene vervoer. …
MIDVAAL. – Twee vragmotors is in puin gelê nadat hulle Saterdagaand met petrolbomme op die R59-snelweg bestook is.
Die voorval het naby die Kliprivier-afrit (naby die bierfabriek) plaasgevind.
‘n Vragmotorbestuurder is ook tydens die voorval beseer. Die man is in sy femur geskiet.
Een vragmotor het glo geblikte kos en die ander een stene vervoer.
Brandweermanne van Midvaal en Ekurhuleni het gehelp om die brande te blus.
Die pad is nou weer oop vir verkeer.
*Daar is vroeër berig dat die voorval Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind het. Blykbaar het dit laat Saterdagaand gebeur.Die berig is daarvolgens aangepas.