NewsNews

Vragmotors met petrolbomme op R59-snelweg bestook

Twee vragmotors is in puin gelê nadat hulle Saterdagaand met petrolbomme op die R59-snelweg bestook is. Die voorval het naby die Kliprivier-afrit (naby die bierfabriek) plaasgevind. ‘n Vragmotorbestuurder is ook tydens die voorval beseer. Die man is in sy femur geskiet. Een vragmotor het glo geblikte kos en die ander een stene vervoer. …

MIDVAAL. – Twee vragmotors is in puin gelê nadat hulle Saterdagaand met petrolbomme op die R59-snelweg bestook is.
Die voorval het naby die Kliprivier-afrit (naby die bierfabriek) plaasgevind.
‘n Vragmotorbestuurder is ook tydens die voorval beseer. Die man is in sy femur geskiet.
Een vragmotor het glo geblikte kos en die ander een stene vervoer.
Brandweermanne van Midvaal en Ekurhuleni het gehelp om die brande te blus.
Die pad is nou weer oop vir verkeer.

*Daar is vroeër berig dat die voorval Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind het. Blykbaar het dit laat Saterdagaand gebeur.Die berig is daarvolgens aangepas.

‘n Vragmotor brand nadat dit met ‘n petrolbom op die R59 bestook is. Foto: Verskaf
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/79438/vragmotors-met-petrolbomme-op-r59-snelweg-bestook/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button