NewsNews

Beeste trap grafte plat

Grafte van jarelange inwoners van Fochville is besig om deur beeste vertrap en verwoes te word.

Die Herald het dié week tydens ‘n besoek aan die ou begraafplaas op die dorp op die skokkende vonds afgekom. Die begraafplaas is net onderkant die Fochville verkeerskantore geleë. Met die Herald se besoek Maandagmiddag was dit heeltemal oop nadat die hek reeds voor die inperkingstyd gesteel is. Inwoners het al in die verlede gekla dat die feit dat daar nie ‘n hek is nie, dit vir beeste moontlik maak om daar te wei en die grafte in die proses te beskadig. Dié probleem word egter al erger. Teen Maandag was reeds meer as tien van die grafte se grafstene omgegooi. Die meeste van dié stene is naby die begraafplaas se ingang, waar beeste dikwels wei. Van die grafstene is ook gebreek en die beeste se spore was oral te sien. “Die hek van dié begraafplaas is al lank af. ‘n Groep van ons inwoners betaal reeds self ‘n tuindiens om die gras in die nuwe begraafplaas te laat sny. “Die munisipaliteit kan dit nie eens in orde hou nie,” sê ‘n inwoner van die dorp, mnr. Corne van der Merwe. Van der Merwe se oupa- en oumagrootjie is in die ou begraafplaas begrawe. Hy sê dat hy en ander inwoners dalk ook genoodsaak sal word om geld in te samel om die skade in die ou begraafplaas te herstel. “Hekke is in die laaste maande vervang, maar lede van die gemeenskap steel dit elke keer. “Ons sal weer binnekort die hek herstel, maar inwoners moet dit by die polisie aanmeld as hulle mense sien wat dit steel,” het ‘n woordvoerder van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit Dinsdag gesê. * Teen die Herald se saktyd het die munisipaliteit steeds nie die Herald se vrae oor of hulle óf hul versekering die skade aan die grafte sal herstel, beantwoord nie.

Foto’s: Adele Louw

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button