NewsNews

KYK: Oomblik toe man se hek in sinkgat verdwyn op video vasgelê

Die oomblik toe ’n tamaai sinkgat op ‘n man van Golfpark in Meyerton se erf ontstaan het is op geslotekringtelevisie vasgelê. Die gat het Sondag ingeval. Op die video kan mens sien hoe die singat ‘n hek insluk. Die gat is sowat 13 meter diep. Pieter Ferreira en sy gesin moes vir hul eie veiligheid …

Die oomblik toe ’n tamaai sinkgat op ‘n man van Golfpark se erf ontstaan het is op geslotekringtelevisie vasgelê. Die gat het Sondag ingeval. Op die video kan mens sien hoe die singat ‘n hek insluk.

 

Die gat is sowat 13 meter diep. Pieter Ferreira en sy gesin moes vir hul eie veiligheid uit die huis trek.

 
 

Volgens hom sukkel hy al jare lank dat die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit ’n lekkende rioolpyp op sy erf regmaak. Gedeeltes van Golfpark is op dolomitiese grond gebou. Sinkgate wat in dolomitiese areas voorkom ontstaan glo weens die feit dat die Dolomiet deur suur (H2CO3) opgelos word wat vorm wanneer water met koolsuurgas in die lug verbind. *Volledige storie in Vaalweekblad *Kyk video hier:

 

Die oomblik toe ‘n gedeelte van ‘n man se erf in ‘n singat weggeval het is op video vasgevang. Foto: Christiaan Cloete
 
https://vaalweekblad.com/78926/kyk-oomblik-toe-man-se-hek-in-sinkgat-verdwyn-op-video-vasgele/
 
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button