HENLEY ON KLIP.- Honderde mense het Sondagoggend 25 Oktober die R59-snelweg tot stillstand geruk om bewustheid ten opsigte van plaasmoorde te skep. ‘n Konvooi van stadig bewegende voertuie het by Lazer Fast buite Henley-on-Klip byeengekom en baie stadig in ’n kovooi tot by Redan gery, waar hulle omgedraai het en na die beginpunt teruggekeer het. Plaakkate met slagspreuke soos “Stop Plaasmoorde!” en wit kruise wat op voertuie gemonteer is was volop.
- Ook in Fochville is gisteroggend ‘n optog gehou. Deelnemers het by Webo’s begin en tot die vierrigting stop by Greenspark beweeg.