NewsNews

Vaalrivier-tragedie: Boot en laaste vier liggame gevind

Die soektoeg na die ander vier mans wat Saterdagmiddag in die Vaalrivier verdrink het, is vanmiddag beëindig toe polisieduikers die boot en vier liggame aan wal gebring het. Vyf mense in totaal het hulle lewens in die tragedie verloor wat homself gistermiddag laat naby Spider Valley afgespeel het. Volgens ooggetuies was daar sewe …

Die soektoeg na die ander vier mans wat Saterdagmiddag in die Vaalrivier verdrink het, is vanmiddag beëindig toe polisieduikers die boot en vier liggame aan wal gebring het.

Vyf mense in totaal het hulle lewens in die tragedie verloor wat homself gistermiddag laat naby Spider Valley afgespeel het. Volgens ooggetuies was daar sewe mense aanboord toe die boot water begin inneem het. Die boot het omgeslaan en vyf van die sewe insittendes het verdrink. Duikers het gister een liggaam gevind en vanoggend vroeg hul soektog voortgesit.

Die watervleuel en polisieduikers het vanmiddag ‘n boot wat gesink het en vier liggame uit die Vaalrivier uitgeduik.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Vaalrivier-tragedie: Boot en laaste vier liggame gevind

 

Related Articles

Back to top button