NewsNews

19 September: Merafong se coronavirus gevalle steek 3 000 merk verby

Die getal inwoners van die Merafong City municipal gebied wat met die nuwe coronavirus besmet is, is weer besig om vinniger te begin styg.

Dié getal het die afgelope naweek tot meer as 3 000 gestyg.

Volgens statistieke van die Gauteng department van gesondheid is daar nou 3 012 inwoners wat met die siekte besmet is. Van hulle het 2 634 reeds herstel.

Elders in die Wesrand is daar 7 447 gevalle in Mogale City, waarvan 6 105 reeds herstel het en 3 855 in Rand West, waarvan 2 634 reeds herstel het.

Daar is reeds 286 inwoners van die Wesrand aan Covid-19 oorlede.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button