NewsNews

Dorp se ingang met rommel bestrooi

Die verlenging van Onyx-rylaan in Carletonville na die R501-pad lyk deesdae meer soos ‘n vullishoop as ‘n ingang na die dorp.

‘n Sakeman van die dorp wat gereeld dié ingang gebruik, sê hy het Sondag verby die bome op pad na die R501 gery toe hy sien hoe ‘n groep mans in ‘n rooi Mazda bakkie met registrasienommer LGL516GP ‘n hoop stompe en takke langs die pad aflaai. Hy het die mans afgeneem en hulle gevra wat hul doen. Dit het egter nie gelyk of die groep enigsins besef óf omgee dat wat hulle doen verkeerd is nie, aangesien daar baie ander rommel en tuinvullis langs dieselfde pad gestort is.

“Kyk hoe lyk dit hier en by die ander ingange. Wanneer gaan die munisipaliteit iets aan die probleem begin doen? Wat moet mense dink wat die dorp binnekom?” het hy gesê. Teen Maandag het die ingang beslis nie ‘n goeie beeld geskep nie. ‘n Verskeidenheid rommel, onder meer gedeeltelik verbrande weggooi-babadoeke, is binne sigafstand van die struktuur met die dorp se naam daarop, gestort. Hoewel die Herald vrae oor die probleem na die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit gestuur het, is geen terugvoer teen druktyd ontvang nie.

Related Articles

Back to top button