NewsNews

Chaos by renbaan toe perde aangeval word

Net wanneer jy dink die mensdom kan nie 'n nuwe laagtepunt bereik nie, dan gebeur daar opnuut iets wat jou asem wegslaan. Chaos het vandag by die Fairview Renbaan in Port Elizabeth uitgebreek toe ongelukkige werkers een van die perde dood gemaak en ander in so 'n mate beseer het dat hulle in elk geval uitgesit moes word.

Die werkers was glo afgedank omdat hulle in ‘n ander voorval ‘n  perd met ‘n mes gesteek het. Hulle was ongelukkig oor hul afdanking en het besluit om hul ongelukkigheid te wys deur dit op die perde uit te haal. Hulle het ook glo die vroulike afrigter gedreig toe sy probeer intree het.

Die stal wat baie perde huisves en deur die internasionale wedrensindikaat, die International Racing Club besit word, verwag dat daar streng deur Phumelea teen die oortreders opgetree sal word. Dié internasionale stal het reeds meer as R20 miljoen in die sport in Suid-Afrika bestee. “Iets sal gedoen moet word om hierdie ongelooflike geweld en mishandeling teen die diere stop te sit,” het die International Racing Club se woordvoerder, Michael de Haast in ‘n mediaverklaring gesê. Die groep mans wat vir die gruwelike daad verantwoordelik is, het glo steeds op die Phumelea-gronde gebly al was hul reeds afgedank vir hul vorige oortreding (toe hulle die perd met ‘n mes gesteek het).

As daar na die groter prentjie gekyk word, kan hierdie voorval veroorsaak dat internasionale beleggers in die sport uit Suid-Afrika onttrek. “As daar teen onvanpas advertensies opgetree kan word, behoort daar nog ernstiger opgetree te word teenoor hierdie soort wreedheid,” het De Haast afgesluit.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Chaos by renbaan toe perde aangeval word

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button