President Cyril Ramaphosa gaan die land vanaand om 19:00 inlig oor die jongste verwikkelinge oor die Covid-19 inperking en pandemie.
Die toespraak sal regstreeks op die onderskeie SAUK kanale en radio uitgesaai word.
Suid-Afrika is die afgelope maand op Vlak Twee van die inperking. Daar word wyd bespiegel dat Ramaphosa sal aankondig dat ons binne ‘n paar dae na Vlak Een gaan beweeg.
Dit beteken dat die meeste aktwititeite hervat sal kan word en dat mense vrylik sal kan rondbeweeg. Internasionale reise sal ook waarskynlik hervat kan word. ‘n Spesiale kabinetsvergadering vind vandag plaas waar die bestuur van die Covid-19 situasie in fyner detail bespreek gaan word.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: