NewsNews

Dinsdag 8 September: Net een nuwe coronavirus-geval in Merafong

Die verspeiding van die nuwe coronavirus in die Merafong City munisipale gebied is beslis besig om te verstadig.

Volgens die Gauteng department van gesondheid se statistieke is daar net een nuwe geval van die siekte sedert gister aangemeld.

Dit laat die totale getal gevalle in ons gebied nou op 2 900 te staan kom.Altesaam 2 501 mense her reeds van die siekte herstel.

Intussen is daar ook 7 139 gevalle in Mogale City en 3 645 gevalle in Rand West City.

Altesaam 260 inwoners van die Wesrand is al aan Covid-19 oorlede. Die laaste sterfgevalle was op 4 September gewees.

Related Articles

Back to top button