NewsNews

Maandag 7 September: Coronavirusgetalle groei met net twee

Die getal inwoners van die Merafong City plaaslike munisipalitiet wat met die nuwe coronavirus besmet word, groei al stadiger.

Volgens die Gauteng departement van gesondheid se nuutste statistiek is daar nou 2 899 gevalle in ons munisipale gebied, wat net twee meer as gister is. Altesaam 2 476 van dié mense het reeds van die siekte herstel.

Intussen is daar nou 7 127 gevalle in Mogale City en 3 642 gevalle in Rand West.

Daar is ook 92 gevalle in die Wesrand wat nie van ‘n spesifieke gebied kom nie.

Altesaam 260 pasiënte in die Wesrand is sover aan Covid-19 oorlede.

Related Articles

Back to top button