NewsNews

‘n Kruistog op die R59

Een van hul vriende is meer as twee jaar gelede op die kleinhoewes vermoor.

As jy ‘n boodskap op die hart het, dan moet dit oorgedra word. Soms moet jy tot uiterstes gaan om daardie boodskap oor te dra.
Dit is presies hoe Ryno Labuschagné van Vanderbijlpark en sy mense Sondagaand, 23 Augustus gevoel het. Een van hul vriende is meer as twee jaar gelede op die kleinhoewes vermoor.
Niemand is ooit in hegtenis geneem nie en die saak is nou gesluit.
Dit is vir hulle erg om te dink dat wie ook al vir sy dood verantwoordelik was, met moord weggekom het.
Daarom het hulle Sondagaand besluit om Maandag, 24 Augustus ‘n kruis op te neem en van CE1 in Vanderbijlpark na die Blokhuis op die R59 te stap. Die groot staptog het om 09:00 begin met Ryno, André Brits, Winter ZE en Bella Q wat beurte gemaak het om die kruis te help dra.
Jacomien en Martin Labuschagné het in ‘n motor met flitsende oranje ligte gevolg. Op die groot houtkruis was hul boodskap duidelik geskryf – All lives matter.
“Ons doen dit sommer vir al die plaasmoorde ook,” het André gesê. “God het almal gemaak. Ons is almal spesiaal,” het Ryno bygevoeg toe Vaalweekblad by hul stilgehou het om foto’s te neem. Die vinnige onderhoud met motors wat gevaarlik naby verbysnel, het hul ook kans gegee om
asem te skep, water te drink en seer kuitspiere bietjie te vryf. “Ons het eers gedink om Pretoria toe te loop, maar het gou besef dis darem wraggies te ver,” het André gelag voor hul weer in die geel baan begin stap het. In daardie stadium was hul halfpad met hul selfopgelegde taak. Mag hul boodskap ter harte geneem word en hulle ook vrede vind in die proses.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://vaalweekblad.com/72643/n-kruistog-op-die-r59/

 

Related Articles

Back to top button