BlogsNewsNewsOpinions

As die ‘snobs’ maar net weet hoe dit voel

Jakes Jacobs het onlangs hierdie brief op die Herald se susterskoerant, Vaalweekblad, se Facebookblad gedeel:

Ek wonder of mense wat nog werk en kos het, weet hoe voel duisende mense wat hulle werk in die lockdown-tyd verloor het? As mens op FB sien hoe smeek mense vir kos en werk, maar dan is daar nog die snobs wat kommentaar lewer deur te sê gaan soek werk en hou op bedel.

Ek wonder hoeveel mense is dood weens stres en hongerte, wat as Covid-19 bygesit is? Ek is self aan die einde van Maart by my werk afgelê sonder enige geld wat uitbetaal is. Ek is nou vyf maande sonder ‘n inkomste en die huis, krag en kos moet betaal word.

Ek het ‘n prokureur betaal om my saak by die CCMA te hanteer en die CCMA het na vier maande nog nie ‘n datum vir my saak nie. As jy weet jy moet R110 000 vanaf jou vorige werkgewer kry waarvoor jy vir drie maande elke dag 12 tot 14 ure gewerk het vir sewe dae per week en nou het jy niks. Die slegste is as jy weet jy het hard gewerk, maar nie geweet het dat jy nie betaal of afgelê gaan word nie.

Ek sê nie dit is iemand se skuld nie en ek vra vir niemand iets nie. Mense moet ophou om ander sleg te sê en nie dink dit sal nie met hulle gebeur nie. Eendag sal jou oë oopgaan en sal jy ook in ander se oë moet kyk.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike plasing:

https://vaalweekblad.com/72654/as-die-snobs-maar-net-weet-hoe-dit-voel/

Related Articles

Back to top button