NewsNews

Moenie ophou bid vir dokterspaar

Dit is nog 'n lang pad na herstel.

Meer as vier weke nadat dr. Campher en sy vrou Lera gehospitaliseer is, wag daar steeds ‘n baie lang pad na herstel vir hulle.

Hoewel daar beterskap by dr Campher is, is hy steeds op suurstof maar stabiel.

Lera is ook nog op suurstof en word haar sedasie verminder. Sy reageer goed en is ook stabiel.

Moenie ophou bid vir die herstel van die egpaar nie, is die boodskap van familie en vriende, want beide is steeds baie siek in die Milpark-hospitaal.

In ‘n kort tydjie het die egpaar diep in Parysenaars se harte gekruip.

Dankie vir elke boodskap van omgee en sovele wat die egpaar in gebede opdra.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/41800/moenie-ophou-bid-vir-dokterspaar/

Related Articles

Back to top button