NewsNews

Nick Bester aangerand en beroof: gevaarlik om alleen te gaan oefen

Dit is gister weer eens beklemtoon dat dit net te onveilig in ons land geword het om alleen na enige plek te gaan - selfs (veral) wanneer jy wil gaan oefen. Hiervan kan 1991 Comrades-kampioen, Nick Bester, getuig nadat hy Sondagoggend vir die tweede keer deel van die misdaadstatistiek in die land geword het.

Die 60-jarige Nick is ernstig beseer toe hy in die Magaliesberg in die noorde van Pretoria gestap het ter voorbereiding van ‘n kompetisie. Nick is deur drie mans van agter berkruip, waarna hulle hom oorrompel, vasgebind en aangerand het. Hy is onder meer met ‘n klip in die gesig geslaan. Sy wangbeen en drie ribbebene is gebreek en hy moes in die hospitaal opgeneem word.
Die aanranding het nie ver van Nick se huis gebeur nie. Hy het sy rewolwer by hom gehad, maar hulle het dit by hom afgeneem en hy is gedreig dat hy met sy eie wapen geskiet gaan word. Nick het in ‘n onderhoud aan Netwerk24 gesê: “Ek het gedink ek gaan vandag dood.”
Behalwe sy rewolwer is sy selfoon ook gesteel.
• Tien jaar gelede het aanvallers Bester van sy fiets afgegooi, geskop en geslaan en met ’n mes gedreig toe hy naby dieselfde snelweg geoefen het.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/72217/nick-bester-aangerand-en-beroof-gevaarlik-om-alleen-te-gaan-oefen/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button